By Brandmerk glo ons in harde werk, goeie kwaliteit en klere wat jou ondersteun — of jy op die plaas, in die myne, in die stad of in die fabriek werk. Ons lewer duursame PPE-kleding, werkdrag, vellies en egte leerprodukte wat gemak, veiligheid en styl kombineer.

Van ontwerp tot verskaffing — ons maak seker jy kry produkte wat jou pas, jou beskerm en jare hou. Brandmerk is vir almal: boere, stadsjapies, studente, kontrakteurs, myners en elke ware Suid-Afrikaner met plaastrots in die hart.